So gemaak met elektriese voertuie in Namibië

Die handelsminister Lucia Iipumbu het aangekondig dat Suid-Afrika en Namibië samewerking in die voertuigindustrie sal versterk. Dit kom na die Bi-Nasionale Kommissie van Suid-Afrika en Namibië wat in die hoofstad vergader het. Intussen is die industrie in Suid-Afrika deur die adjunkpresident Paul Mashatile gewaarsku om voor te berei vir die omskakeling na elektriese voertuie. Plaaslik vat die neiging stadig pos, veral met die stygende brandstofprys. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gesels oor hoe Namibië en die regering hiervoor moet voorberei, want dit is onafwendbaar.