Slenter oor NamWater-rekening kom per epos
NamWater is die jongste slagoffer van slenters per epos. Die epos, wat aandui dat die aangehegde rekening vandag betaalbaar is, kom uiters realisties voor met ‘n handtekening, alhoewel dit nie heeltemal voltooi is nie. Die epos-adres lyk ook eg en vertoon nes NamWater s’n. Die aanhegsel wek kommer. Daar is ‘n skakel met ‘n dokument aangeheg maar wanneer dit oopgemaak word, moet daar weer op ‘n skakel geklik word om die faktuur te sien. Die publiek word weer gemaan om nie enige verdagte skakels oop te maak nie.