Global Fund sê ministerie wanbestuur Pepfar-miljoene
Die Global Fund het Namibië se gesondheidsowerhede daarvan beskuldig dat hy Pepfar-toelae wanbestuur. Die fonds is die grootste donateur aan die Amerikaanse Pefpar-program wat in 18 jaar, tot 2030, 28 miljard Namibiese dollar op MIV-bestryding in Namibië sal bestee het. Die Tender Bulletin berig dat die fonds sê 7,5 miljard Namibiese dollar, wat sedert 2014 uitbetaal is, verdag is. Die fonds het sy kommer oor die manier wat die geld bestee is uitgespreek en die ouditeur-generaal Junias Kandjeke gevra om die finansiële verslag van 2012-22 te oudit. Hy het ‘n nadelige ouditopinie uitgespreek nadat hy 36 persent, 6,8 miljoen dollar van die totale befondsing van 134,8 miljoen dollar, gedurende die boekjaar hersien het. Die Global Fund sê die ministerie het swak finansiële bestuurskapasiteit.