Joe Biden oor Amerika se eerste herdenking van Capital Hill-oproer

Amerikaanse President Joe Biden het vandag die eerste herdenking van die Capitol Hill-oproer herdenk. ‘n Jaar gelede het die gewelddadige aanval van oudpresident Donald Trump se ondersteuners plaasgevind en wêreldwyd is kommer uitgespreek oor die toekoms van Amerikaanse demokrasie. Biden het by Capital Hill in Washington DC gesê Amerika is ‘n nasie wat nie deur diktators geheers word nie.