Aankondiging kom Maandag waar SA Staatsrede gehou word

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê daar sal binnekort aangekondig word waar die Staatsrede gelewer gaan word. Sy het by Kaapstad se brandweerstasie in Roelandstraat met die media gepraat en sê dit is nog nie bevestig of die vergadering virtueel sal plaasvind nie. Groot dele van die parlement in Kaapstad is Sondag in ‘n brand verwoes.

Mapisa-Nqakula het brandbestryders en vrywilligers bedank vir hulle dapperheid terwyl hulle die brand bestry het.