Job eis toilette in banke

Die voormalige burgemeester van Windhoek en leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda blyk om sy fokus te verskuif het na verbruikerskwessies. In ‘n skrywe aan die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab sê Amupanda dat banke miljoene dollar jaarliks in winste verdien en dat kliënte sommige tye tot twee ure in die banke deurbring terwyl hulle in rye staan. Maar, daar is geen toiletgeriewe vir die kliënte nie terwyl selfs shebeens toiletgeriewe moet verskaf. Hy vra dat die bank sy oorsigrol, soos vervat in die wetgewing, moet gebruik om banke te dwing om toiletgeriewe te verskaf.