Filippyne kort dringend hulp, sê VN

Die Verenigde Nasies vra ‘n bedrag van 1,67 miljard Namibiese dollar om die herstelproses in die Filippyne ná super-tifoon Rai te ondersteun. Die Wêreld-voedselprogram het 390 miljoen dollar van dié bedrag gevra vir kos, logistieke en telekommunikasie-ondersteuning. Die agentskap se direkteur in die land, Brenda Barton, sê tot op datum het dit slegs 73 miljoen dollar ontvang, drie weke sedert die krisis begin het. Daar is stygende kommer omdat die situasie vir die reeds kwesbare gemeenskappe versleg: