Rusland beboet Google oor fopnuus oor Oekraïne

’n Russiese hof het Alphabet se Google vandag met 4,6 miljard roebels, of 944 miljoen Namibiese dollar beboet omdat hy nie die sogenaamde vals inligting oor die konflik in die Oekraïne verwyder het nie. Rusland is in ’n stryd met buitelandse tegnologiemaatskappye oor inhoud, sensuur, data en plaaslike verteenwoordiging in ’n dispuut wat vererger het nadat Rusland die Oekraïne in Februarie 2022 binnegeval het.