Internasionale Energiekonferensie vind in April in Windhoek plaas

Die vierde Internasionale Energiekonferensie gaan vanaf 20 tot 22 April in Windhoek aangebied word. Die konferensie word deur Rich Africa Consultancy georganiseer en sal oor twee dae onder die vaandel van die Namibiese ministerie van myne en energie aangebied word. Die tema is ‘The Energy Mix: Positioning for Investment, industrialization and Growth’, en Namibië en Afrika sal as bestemmings vir energiebeleggings bevorder word.