Reëls vir klaringsagente word gefinaliseer

Die beleid vir klaringsagente is in 2020 deur die Namibeise ministerie van finansies goedgekeur, maar is nie ten volle geïmplementeer nie as gevolg van verskeie uitdagings. Die Namibiese Inkomste Agentskap, NamRA, het sedertdien besluit om die vereistes van artikel 73 van die Doeane- en Aksynswet van 1998 te volg en om die beleid oor klaringsagente te transformeer na die reëls vir die lisensiëring van klaringsagente. Hierdie reëls sal in die Staatskoerant gepubliseer word om deursigtigheid en ooreenstemmende prosedures volgens die Wêreldhandelsorganisasie te verseker. Tonateni Shidhudhu, NamRa se woordvoerder, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.