Inflasie in SA is op, na 4,9%

Suid-Afrika se verbruikers prysindeks het tot 4,9 persent gestyg teenoor 4,6 persent wat in Julie aangeteken is. Die syfers is deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak. Kern-inflasie, wat voedsel, nie-alkoholiese drankies, brandstof en krag uitsluit het op ‘n jaargrondslag met 3,1 persent gestyg. Die internasionale Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling het vroeër gewaarsku dat hoë inflasie nog twee jaar kan duur. Plaaslik het inflasie in Augustus afgeneem na 3,4 persent teenoor 4 persent wat in Julie aangeteken is. In Augustus verlede jaar het dit op 2,4 persent gestaan.