Greenpeace sê Kenia se boeresubsidies lei tot besoedeling

Greenpeace se voedselkampvegter Claire Nasike sê regeringsubsidies aan boere in Kenia is nadelig vir die omgewing en kleinboere. Greenpeace doen in ‘n verklaring ‘n beroep op die Keniaanse regering om nie winsgedrewe maatskappye verder te bevoordeel nie, deur bioplaagdoders pleks van chemiese plaagdoders te befonds. Greenpeace sê kleinboere in afgeleë dele van Kenia ly onder landbouchemikalieë weens water- en grondbesoedeling as gevolg van grootskaalse boerdery. Nasike sê steun aan organiese plaagbeheer sal die omgewing beskerm en die toepassing van inheemse boerderykennis aanmoedig.