Indië wil vandag sy voorsprong vergroot

Indië hervat sy tweede beurt op die voorlaaste dag van die eerste toets teen die Proteas in Centurion, later vanoggend op 16 vir een. Die Indiese span se voorsprong is reeds 146 lopies, met nog nege paaltjies staande. Indië is gister in sy eerste beurt vir 327 lopies uitgehaal, toe Lungi Ngidi ses paaltjies vir 71 lopies laat kantel het. Die Proteas is daarna vir 197 lopies uitgehaal, met Mohammed Shami wat vyf paaltjies vir 44 lopies platgetrek het. Dit was die sesde keer dat hy in ‘n toets vyf paaltjies in ‘n beurt geneem het.