Nam-owerhede oorweeg al hoe meer ‘duur’ ontsouting

Owerhede in Namibië oorweeg al hoe meer ontsouting as ‘n oplossing vir watertekorte, al is dit ‘n uiterse duur opsie. Onlangs het die landbouministerie sy ondersoek na ‘n ontsoutingaanleg by die kus, met pyplyne wat water na sentraal Namibië sal verskaf, bekend gemaak. Nou oorweeg die dorpsraad van Omuthiya ook die opsie met voortdurende uitdagings met watervoorsiening. Daar word berig dat die Omuthiya distrikshospitaal ‘n week sonder water was maar dat toevoer herstel is, al is druk uiters laag wat ‘n probleem regoor die dorp is. Die dorp se burgemeester Johannes Ndeutepo sê uitdagings in die verband is algemeen en die dorpsraad stel ondersoek in om sy eie waterbronne te ontwikkel. Gesprekke is reeds met die landbouministerie en NamWater in die verband gevoer en ontsouting word as ‘n opsie oorweeg. Ondergrondse water in die Noorde is redelik brak. Nie net is ontsouting infrastruktuur uiters duur nie, die water kos ook ongeveer dubbel per kubieke meter as wat water wat uit ‘n tradisionele reservoir benut word