Chinese kla oor Musk se ‘ruimte-gedrag’

Die Chinese ministerie van buitelandse sake sê Amerika stel ruimtevaarders in gevaar deur sy verpligtinge ingevolge ruimte-verdrae te ignoreer. Volgens ‘n nota aan die Verenigde Nasies se ruimteagentskap vroeër die maand, moes die Chinese ruimtestasie Tiangong rondspring ten einde ‘n botsing met een van Elon Musk se SpaceX-Starlink-satelliete te vermy. Die Chinese ruimtestasie was in Julie verplig om uit die pad te kom, en moes dit in Oktober weer doen. Volgens wetgewing in die verband, wat reeds in 1967 in werking getree het, moet die land wat privaat maatskappye wat die ruimte betree, registreer, verantwoording doen vir hulle doen en late.