IMF sê hy help talle lande tydens Covid

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die toewysing van Spesiale Trekkingsregte is ‘n belangrike hupstoot vir lande wat met ‘n ongekende Covid-19-krisis worstel. Spesiale Trekkingsregte is ‘n internasionale reserwebate wat die IMF geskep het om die amptelike reserwes van sy lidlande aan te vul. Suid-Afrika het sy toedeling van nagenoeg 60 miljard Suid-Afrikaanse rand verlede maand ontvang. Gerry Rice van die IMF sê die fonds is ‘n groot hulp vir lande: