Vlooimark vir outisme

Die Outisme Vereniging van Namibië bied vandag en môre in die hoofstad ‘n vlooimark aan om fondse in te samel. Die mark vind vanmiddag vanaf halfdrie tot halfses en môreoggend van nege-uur tot twaalf-uur in Sam Nujoma-rylaan 365 plaas. Mense wat hul eie goedere wil verkoop, is ook welkom om gratis uit te stal. Bring jou eie tafel, stoele, gazebo en eetgoed. Skenkings is altyd welkom, sê Petra Dillmann aan Kosmos 94.1 Nuus.