Houtskool-uitvoere loop weer oop

Volgens die Namibiese Houtskool-vereniging het hul oorsese uitvoere op ‘n goeie noot vandeesmaand afgeskop. In 2021 het die bedryf uitdagings met uitvoere gehad wat dit vir hulle moeilik gemaak het. Michael Degé, bestuurder van die vereniging, sê hulle is optimisties dat 2022 ‘n goeie jaar gaan wees.