Numsa woeker weer oor lone

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa het eise ingedien by die Suid-Afrikaanse Padpassasiersbedingingsraad nadat salarisonderhandelinge vandeesweek hervat is. Die hoofeise is dat die laagste vergoeding tot 12 000 Suid-Afrikaanse rand per maand verhoog word; ‘n mediese fonds vir alle werkers geskep waartoe die maatskappy 80 persent bydra; asook ‘n behuisingstoelaag. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die werkgewers beweer hulle kan nie aan die eise voldoen nie, weens die impak wat die Covid-19-pandemie op hul winste gehad het: