Hommeltuig-opleiding ‘noodsaaklike vaardigheid vir toekoms’

AfriForum se Veiligheidstudie-trust sê hommeltuig-opleiding bied nie net ʼn opwindende nuwe rigting vir studente nie, maar is ʼn noodsaaklike vaardigheid wat in die toekoms al belangriker gaan word. Die organisasie het verlede week sy eerste Skerpskut-skietgeleentheid buite Pretoria aangebied. Die geleentheid bied elke jaar aan sowat ʼn dosyn studente toegang tot die snelgroeiende wêreld van hommeltuig-tegnologie asook tientalle loopbaanmoontlikhede. Jacques Broodryk van AfriForum sê die trust slaan ʼn nuwe rigting in met hommeltuig-opleiding.