Gebou stort ineen in George, tot 30 vasgekeer

Nooddienste, insluitend die George Munisipaliteit Rampdienste, is besig met ‘n reddingsoperasie na ‘n gebou ineengestort het in Victoriastraat in die dorp. Volgens berigte kan tussen 20 tot 30 mense in die gebou vasgekeer wees. Die publiek word versoek om noodsaaklike goedere soos water en kos aan die beseerdes te skenk. Nabygeleë paaie is gesluit vir reddingspogings en die George-munisipaliteit se hoofkantore is ook gesluit vir veiligheid. Motoriste en die publiek is versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.