Hoenders wat dagga inkry, gebruik minder antibiotika

Die Namibiese landbou-unie sê ’n studie in Thailand dui daarop dat medisinale-dagga wat in hoendervoer gemeng is, boere kan help om die gebruik van antibiotika te verminder. Die studie is op 1 000 hoenders uitgevoer. Hoenders is die plant in verskillende intensiteite en in verskillende vorms ingegee. Sommige is water gegee wat met daggablare gekook is, terwyl ander voer geëet het gemeng met fyngemaakte daggablare. Die resultate  is belowend en dui daarop dat cannabis kan help om boere se afhanklikheid van antibiotika te verminder. Hoenders wat met dagga aangevul is, was geneig om minder gevalle van voëlbrongitis te ervaar, en die kwaliteit van die vleis is as beter beoordeel. Geen abnormale gedrag is waargeneem nie, en die lae dosisse het geen spore van cannabinoïden in die hoendervleis of eiers gelaat nie.