Uitstaande lenings oorheers mosiehof

Daar was vanoggend ‘n totaal van 84 aansoeke in die mosiehof in die hoofstad, met vyf reël 108 aansoeke. Regters Harold Geier en Herman Oosthuizen het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 51 aansoeke gebring en die week, was lenings die dominante uitstaande skuld met 29 ter waarde van 7,1 miljoen Namibiese dollar wat opgeëis is. Elf eiendomme, met ‘n uitstaande skuldlas van 13,6 miljoen is ook teruggevra en 11 onbetaalde voertuie moet ook aan die banke terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Esi Schimming-Chase 71 onverdedigde egskeidings hanteer.