Guterres smeek Putin om te onttrek

Die president van die Oekraïne Volodymyr Zelensky het ‘n staat van beleg in sy land aangekondig. Ontploffings word regoor die land gehoor en lugaanval-sirenes is ontplooi in die hoofstad, Kiëv. Intussen het die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sy pleidooi aan President Vladimir Putin so verwoord.