Spin and Win-slenter aan die gang

MTC het verbruikers gewaarsku oor ‘n slenter in verband met die maatskappy se ‘Spin and Win’-promosie. Bedrieërs skakel lede van die publiek en vra vir bank besonderhede om wengeld in te betaal. Maar, in die geval soek hulle ook kaartbesonderhede. In een geval is ‘n vrou geskakel en ingelig dat sy 15 300 Namibiese dollar gewen het, na sy gevra is om sy deelgeneem het aan die promosie. Die persoon op die lyn wou haar drie syfers op die agterkant van die kaart gehad het wat haar agterdogtig gemaak het en sy het die oproep beëindig. MTC sê daar was geen kontant in die promosie nie en het lede van die publiek gevra om sulke oproepe aan te meld.