Venaani het kommer oor Oos-Europa

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het sy kommer uitgespreek oor die konfliksituasie in die Oekraïne. Venaani veroordeel die optrede van Russiese President Vladimir Putin en sê wat die situasie vererger is dat die partye almal beskik van kernwapens.Venaani se amptelike woordvoerder, Roberto Dirkse, is aan die woord.

Die president van die Oekraïne Volodymyr Zelensky het intussen gesê sy land is ook deur Belarus en Krimea aangeval.