Gulde geleentheid vir klein besighede vanaand

SMEs Compete in samewerking met Indiese-Namibiese Sakekamer nooi Namibiese maatskappye uit vir sake-vergaderings met die Indiese afvaardiging wat Namibië besoek onder die vaandel van die Indiese Ekonomiese Handels-organisasie. Die vergadering duur vanaf vier-uur die middag tot ses-uur die aand en by SMEs Compete in Sam Nujoma-rylaan 123 in Windhoek-Wes plaas. Danny Meyer van SMEs Compete sê dit is ‘n gulde beleggingsgeleentheid vir Namibië.