Stad Whk dagvaar Dairies vir N$24m

Plaaslike media berig dat Stad Windhoek Namibia Dairies dagvaar vir 24 miljoen Namibiese dollar oor beweerde nalatigheid na ‘n oliestorting op 3 Februarie 2019 wat Windhoek se waterbronne gekontamineer het. Die stad sê 24 000 liter industriële olie het by Dairies se fabriek in Avis in die stad se stormwater dreineringstelsel ingevloei sowel as die rivier wat langs die aanleg verbyloop. Die stelsels by die Gammams water herwinningsaanleg is erg deur die storting beïnvloed. Dairies verdedig die saak.