Grootfontein-boerin se borgaansoek is vandag

Die borgaansoek van die Grootfontein-boerin, Magriete Wilhelm vind vandag in die Otavi-landdroshof plaas met haar moordsaak wat weer môre hervat. Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit, sowel as die Namibiese gemeenskap het fondse vir haar ingesamel om haar regskostes te betaal. Wilhelm, 65 jaar oud, is reeds op 16 Maart gearresteer na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Haar regsverteenwoordiger, Jan Wessels…