Covid sluit talle besighede, Khomas & Oshikoto kry swaarste

‘n Ontleding van die syfers wat deur die Namibiese Statistieke Agentskap bekend gemaak is toon dat uit 61 500 besighede wat aan die peiling deelgeneem het, het Covid veroorsaak dat 1 365 besighede gesluit het, waarvan 1 270 tydelik gesluit het en 95 het permanent hul deure gesluit. Oshikoto en Khomas het die hoogste hoeveelheid besighede wat gesluit het op net meer as 27 persent vir Oshikoto en amper 19 persent vir Khomas. Die peiling is vanaf Oktober 2019 tot April 2021 uitgevoer. Daar is vroeër deur die arbeidsministerie bevestig dat meer as 15 000 mense hul werk as gevolg van die impak van Covid verloor het.