Ramaphosa sê ANC moet weer besin oor aanstelling van moordbeskuldigde

President Cyril Ramaphosa het afgevaardigdes op die party se konferensie in Mpumalanga gevra om na te dink oor hulle besluit om ‘n moordbeskuldigde tot provinsiale tesourier te verkies. Mandla Msibi staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Volgens die ANC se opsystaan-reël is hy nie toegelaat om die vergadering by te woon nie. Ramaphosa het in sy slottoespraak gesê die diepe verdeeldheid in die ANC in Mpumalanga is soos ‘n huis wat aan die brand is: