Jeug wil nie boer nie, wil mooi motors bestuur

Terwyl landbou as ‘n kritiese sektor beskou word, is dit nie ‘n gewilde loopbaan vir jong Namibiërs nie en daar is reeds ‘n geruime tyd kommer oor ‘n tekort aan produsente. Daar word uit sommige oorde beaam dat groepsdruk en dit wat modieus is, dryf studierigtings nader aan administratiewe en bestuursposte toe. Dit is ook die mening van die voorsitter van die Namibiese Jeug in Landbou-organisasie, Ndatulumukwa Haikali. Hy verduidelik.