George Floyd se familie wil Kanye West dagvaar

George Floyd se familie beplan om die bekroonde kletsrymer en sakepersoon, Kanye West, te dagvaar oor sy bewerings dat Floyd weens dwelmmisbruik gesterf het. West het die naweek op die Drink Champs-aanlyn uitsending beweer Floyd is dood van ‘n oordosis fentaniel. Floyd is in 2020 dood nadat ‘n polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, sy knie vir agt minute en 46 sekondes op sy nek gedruk en hom versmoor het. Chauvin is skuldig bevind en dien tans tronkstraf van 22 jaar en ses maande uit.