Tien Fishrot-beskuldigdes se verhoor tot 1 Desember uitgestel

Die tien Fishrot-beskuldigdes het vanoggend weer voor regter Kobus Miller verskyn vir voorverhoor-verrigtinge. Die saak is opnuut uitgestel en die beskuldigdes sal weer op 1 Desember in die hof verskyn. Mike Nghipunya, Bernard Esau, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Sacky Shanghala, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelelo en Phillipus Mwapopi is steeds in aanhouding by die Windhoekse Korrektiewe Dienste-fasiliteit. Ricardo Gustavo is vry op borgtog.