Gekoördineerde plan is enigste manier om veldbrande te stuit

Veldbrande kom oral in die land voor, op ‘n daaglikse basis. Die afgelope naweek was daar weer ‘n groot brand by Kalkveld, wat blykbaar deur nalatigheid veroorsaak is. ‘n 33-jarige plaaswerker Kamulitua Jona is dood in die brand. Dit is die tweede sterfgeval vanjaar nadat die Rehoboth-inwoner Quinton Diergaardt ook vroeër aan sy brandwonde beswyk het. Sedert April vanjaar, het Namibië reeds amper ‘n miljoen hektaar as gevolg van veldbrande verloor. Wallie Roux, die plaaslike landbou-kenner, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hoe die brande verminder kan word.

Hy sê boere moet koördineer en ‘n daadwerklike aksieplan hê …