101 vas vir dwelms in September

Die uitdagings met dwelms duur voort in die land. Die Namibiese polisie sê hy het in September 101 verdagtes in hegtenis geneem vir dwelms ter waarde van 680 000 Namibiese dollar. Daar is 93 Namibiërs in die groep met burgers van Angola, die DRK, Suid-Afrika en Tanzanië wat ook agter tralies is. Dagga het weer die meerderheid van die beslagleggings beslaan met ‘n beraamde straatwaarde van 638 000 dollar wat gedurende die maand gevind is. Die res was Mandrax en kokaïen. In Augustus is meer as 2 miljoen dollar se dwelms gekonfiskeer.