Geestesgesondheid: Jy kan nie gee wat jy nie het nie

Vandag word Wêreld Geestesgesondheidsdag herdenk. Mense verkeer onder baie druk, veral met ekonomiese uitdagings, prysstygings en meer. Veral die jeug ly onder die druk wat hul ouers ervaar en volgens Nanti van Aswegen, ‘n kenner in die gebied, moet ouers meer bewus wees van hulle eie omstandighede om sodoende, ‘n beter omgewing vir hul kinders te skep.