Gauteng wil alle leerders teen einde van die week geplaas hê

Gauteng se LUR vir onderwys, Phanyaza Lesufi, sê die departement van onderwys in Gauteng werk hard om teen die einde van die week alle leerders geplaas te hê. Lesufi sê meer as 700 leerders is sedert verlede Woensdag geplaas en net minder as 200 moet nog plek kry.