SA omgewingsminister besoek Kleinmond

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, sal die Kleinmond-omgewing môre besoek waar ‘n brand meer as vyf duisend hektaar plantegroei en ‘n struktuur verwoes het. Sy het verlede week bekendgemaak dat SanParke die omvang van die brand in openbare belang sal bepaal. Working on Fire het verlede week grond- en lug spanne gebruik om te help om die brand in bedwang te bring. Creecy gaan brandbestryders ontmoet om hulle persoonlik te bedank.