Namibiese vrouehokkiespan klop Uganda 3-0

Die nasionale senior vroueveldhokkiespan het vandag die 2022 Hokkie-Afrikabeker van Nasies op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n oorwinning van 3-0 teen Uganda. Die toernooi vind vanaf 17 tot 23 Januarie in Accra in Ghana plaas waaraan die Namibiese vroue- en manshokkiespan deelneem. Die drie doele is deur onderskeidelik Anthea Coetzee, Sascha Brinkmann en Taramarie Myburgh aangeteken. Die afrigter Melissa Gilles sê aan Kosmos 94.1 Nuus die span kom môremiddag teen Suid-Afrika te staan.

Die Namibiese mansveldhokkiespan speel vanaand om tien-uur teen die vasteland se kampioene.