Gauteng spog met 220 nuwe ambulanse

Gauteng se departement van gesondheid sê 220 nuwe ambulanse wat aangeskaf is sal regoor die provinsie ontplooi word gedurende die feestyd, weens die hoë vraag na mediese nooddienste. Die nuwe vloot bestaan uit ambulanse in verskeie kategorieë, insluitend 200 intermediêre lewensondersteunings- en 20 intensiewe sorgeenheid-ambulanse. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê die herkapitalisering van Gauteng se noodbestuursdienste-vloot is verleng tot 2023.