Internasionale Teenkorrupsiedag vandag herdenk

Die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie herdenk vandag Internasionale Teenkorrupsiedag. Die tema is “Jou reg, jou rol: Sê nee vir korrupsie”. As deel van die vieringe gaan ‘n paneelbespreking gehou word met die fokus op wie se verantwoordelikheid is dit en hoe kan belanghebbendes doeltreffend teen korrupsie veg? Die media-ombudsman, John Nakuta, een van die sprekers, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die media speel ‘n belangrike rol om korrupsie te beveg.