Pandemie het negatiewe impak op behandeling van MIV/vigs

Suid-Afrikaanse siekte-kenners waarsku dat die ontwrigtings in die land se gesondheidsorgsektor, wat deur die Covid-pandemie veroorsaak is, ‘n toename in behandelings-weerstandige MIV-stamme kan meebring. Professor Theresa Rossouw van die Universiteit Pretoria se departement immunologie sê die feit dat baie mense nie hospitale of klinieke tydens die inperkings kon besoek nie, het ‘n ernstige negatiewe impak op die behandeling van MIV en vigs gehad. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt.