Gambië plaas verbod op rooshout uitvoere

Gambië het alle houtuitvoere opgeskort, na van berigte dat die land as ‘n deurgangspunt vir die onwettige smokkel van bedreigde hout dien. Owerhede het alle bestaande permitte teruggetrek en hawe-owerhede is opdrag gegee om te verhoed dat enige hout die land verlaat. ‘n Bedreigde inheemse rooshout spesie, Pterecarpus erinaceus, word geteiken al is die spesie deur Cites beskerm. Daar word berig dat die land sedert 2012 as ‘n deurgangspunt vir ’n geraamde 1,6 miljoen rooshoutbome gedien het weens die sterk vraag na die produk in China. Namibiese owerhede het ook onlangs ‘n moratorium op die uitvoer van onverwerkte hout geplaas.