Capricorn Eagles looi Duitsland

Die Capricorn Eagles het gisternamiddag Duitsland se dames oortuigend met tien paaltjies op Krefeld geklop. Dit was die eerste van drie T20-wedstryde. Duitsland het eerste gekolf en het 61 vir 8 behaal. Namibië het met 64 daarop geantwoord met geen paaltjie wat gekantel het nie. Die tweede van die reeks van drie T20’s skop 11-uur vanoggend af en die derde en laaste om vier-uur vanmiddag.