Franse sokkerspeler pleit skuldig dat hy sy kat geskop het

Die Franse sokkerspeler, Kurt Zouma, het skuldig gepleit dat hy sy kat geskop het toe hy saam met sy broer, Yoan, in ‘n Britse hof verskyn het. Die verdediger, wat vir die Engelse Premierliga-span West Ham speel, het erken hy het die dier vroeër vanjaar geskop en geklap. Yoan het video-materiaal van die voorval op Snap Chat geplaas en dit is wyd veroordeel. Sekerheidswagte het Kurt omring toe hy by die hof in Teems aangekom het. Hy staan tereg op twee aanklagte en sy broer op een klag van medepligtigheid.