Polisie in VSA begin met soektog na liefdesdriehoek-tragedie

Die polisie in Austin in die Amerikaanse deelstaat Texas het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n vrou wat na bewering nog ‘n vrou wat in ‘n liefdesdriehoek betrokke was, doodgeskiet het. Daar word gesê die 34-jarige Kaitlin Armstrong en die 25-jarige Mo Wilson was albei romanties betrokke by die beroeps-fietsryer, Colin Strickland. Die polisie vermoed Armstrong het Wilson gisteraand by haar vriend se huis doodgeskiet nadat sy verneem het sy was vroeër die maand saam met Strickland. ‘n Lasbrief vir inhegtenisneming weens moord in die eerste graad is teen Armstrong uitgereik.