Namibiese finansminister praat in Davos oor finansiële raamwerke

Namibiese President Hage Geingob en sy afvaardiging is tans in Davos, Switserland vir die Wêreld Ekonomiese Forum om oor ekonomiese ontwikkelings-aktiwiteite te praat, met die fokus op die groen waterstof-projek in Namibië. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, het tydens die geleentheid gepraat oor die finansiële raamwerk oor hoe die regering te werk gaan om fondse vir projekte te vind en skenkers byeen te bring.