Franse polisie sal nie ‘Vryheidskonfooi’ in Parys toelaat nie

Die polisie in Parys het beloof om te verhoed dat betogers die Franse hoofstad binnekom as deel van die sogenaamde Vryheidskonvooi wat ‘n paar weke gelede in Ottawa begin het. Die optrede het na ander wêreldstede versprei vanuit die Kanadese hoofstad waar vragmotorbestuurders begin betoog het teen Covid-19-entstofmandate. Bestuurders is volgens berigte onderweg na Parys vanuit verskeie bestemmings in Frankryk. Internasionale nuusagentskappe berig betogers wat die stad probeer binnegaan, kan met tot 80 000 Namibiese dollar beboet en hulle rybewyse opgeskort word.