Amerikaners moet eerder Oekraïne verlaat

Die Amerikaanse president, Joe Biden, raai sy land se burgers aan om die Oekraïne te verlaat. Dit volg op Rusland se herhaaldelike ontkenning van enige planne om die Oekraïne binne te val. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het ‘n waarskuwing gerig dat die VSA nie sy burgers uit die Oekraïne sal kan kry sou enige Russiese militêre optrede in die land begin nie. Biden sê hy het sy standpunt oor ‘n moontlike inval baie duidelik aan president Vladimir Putin van Rusland gestel: